WIE IS ONS
Laerskool Walvisbaai het sy deure op 23 Januarie1963 vir gretige jong leerders geopen en staan sedertdien trots as middelpunt van die Walvisbaai gemeenskap. As Laerskool wat nie net jong verstandjies wil versorg en koester nie, maar ook holistiese groei aanspoor, moedig ons die volgende waardes aan:
-
Integriteit
-
Verantwoordelikheid
-
Respek
-
Dissipline
-
Lojaliteit
-
Self-dissipline
-
Eerlikheid
Nie net is dit vir ons belangrik om 'n tuiste weg van die huis af te bied vir ons leerders nie, maar ook om in lyn met ons missie, ' n werksomgewing vir ons onderwysers te skep waar hulle kan groei en hul beroep kan geniet.
By Laerskool Walvisbaai is 'n gemeeskap wat gegrond is op integriteit, kennis en geloof wat vasgelê is in 60 jaar se ondervinding. Ons het die sleutel vir jou kind se toekoms, om die deur na vooruitgang oop te sluit, negatiwiteit uit te sluit en al die goedheid wat ons hier bied in te sluit.