ONS SPORT
By Laerskool Walvisbaai word die volgende Sportkodes aangebied:
Junior skaak
Senior Skaak
Krieket
Mini Krieket
Hokkie
Mini Hokkie
Netbal
Mini Netbal
Rugby
Mini Rugby
Tennis
Mini tennis
Ons neem deel aan alle NSSU-skoleligas en Privaatskoleligas binne Erongo en Namibië.
Erongo-ligas:
Krieket, Hokkie, Netbal en Rugby. Alle mededingende ligas vanaf o/9 – o/13.
Verlede jaar het ons die volgende nasionale verteenwoordigers gehad:
Joshua Visagie:
Hokkie
Namibië o/14,
Erongo
o/13 Krieket en NAPSO Nasionale Krieketspan o/13,
Namibië Atletiekspan o/13
Caleb Beukes
Cravenweekspan Namibië 7's en NAPSO Nasionale Span (Rugby o/13)
Gordon Beresford
Cravenweekspan (Rugby o/13)
Leonardo Hailombe
Cravenweekspan en NAPSO Nasionale Span (Rugby o/13)
Alessandro Kathindi
NAPSO Nasionale Span (Rugby o/13)
Anro Bouwer
NAPSO Nasionale Atletiekspan
Rejoice Iiyambo
NAPSO Nasionale Atletiekspan, Namibië Atletiek o/13
Wynand Viljoen, Sportorganiseerder is 'n oud-Pretorianer. Hy het in 2018 na Walvisbaai verhuis nadat hy die eerste 35 jaar van sy lewe in Suid-Afrika deurgebring het. Hy het Laerskool Glenstantia bygewoon en het in 2000 aan The Glen High School gematrikuleer. Hy het deur sy skooldae aan krieket, sokker, atletiek en swem deelgeneem. Na matriek het hy voortgegaan met krieket en sokker, beide op verskeie vlakke. Hy het ook provinsiale kleure vir Krieket, sokker en netbal verwerf. Na skool het hy 'n loopbaan in sport en afrigting gevolg. Hy is sedert 2001 by skolesport betrokke en dien op verskeie uitvoerende liggame op provinsiale vlak. Hy is 'n gekwalifiseerde CSA Vlak I krieketafrigter en studeer tans CSA Vlak II asook het hy akkreditasie vir IRB Rugby Vlak I, 'n SAFA D-lisensie en om spanne by nasionale weke in Suid-Afrika te skeidsreg en af te rig. Hy het ook 'n ASA-vlak I-akkreditasie. Hy rig sedert 2001 aktief af in verskillende sportkodes, nie net op skoolvlak nie, maar ook op provinsiale/streeksvlak sowel as nasionale vlak.Tans is hy ook betrokke by hoëprestasie-afrigting saam met senior meisies by Krieket Namibië.

![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
![]() |