GRAAD 5 & 7 ENGELS

JUFFROU SHIRLEY VISAGIE

DEPARTEMENTSHOOF SP
 

Juffrou Shirley bied Engels aan vir die graad vyf en sewe leerlinge.

Sy rig hokkie en atletiek af, help met die organisering van kultuur en ander funksies soos die prysuitdelings.

 

Sy het in Windhoek studeer en gespesialiseer in Engels en Afrikaans.

 

Juffrou hou vir 19 jaar skool en is al 12 jaar by 
Laerskool Walvisbaai.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is as haar leerlinge goeie resultate behaal bv. soos in die NSAT (National Standerdized Achievement Tests) eksamens wat gr. vyf & sewe leerlinge skryf.

 

Wat sy die meeste geniet by Laerskool Walvisbaai geniet is die lekker span saam met wie sy werk en wat altyd positief is en ‘n spanpoging maak om ‘n sukses te maak van aktiwiteite.

 

Buite die skool hou sy van oefen, lees en die meeste daarvan om saam met haar familie tyd te spandeer.

 

Sy beskryf haarself as regverdig en staan vas in wat sy glo. Sy is energiek en gee altyd haar beste.