
GRAAD 7 WISKUNDE
JUFFROU MARIE WILLIAMSON

Juf Marie gee Wiskunde vir graad 7 leerlinge.
Sy is betrokke by die skool se boekekamer en atletiekprogram
Sy het in Bloemfontein gestudeer vir senior primêre onderwys met wiskunde en skeinat.
Buiten senior primêre onderwys het sy ook in preprimêre onderwys studeer.
Sy hou al vir 40 jaar skool waarvan 32 jaar by Laerskool Walvisbaai is.
Haar hoogtepunt as onderwyser is as sy by ‘n besigheid instap en een van haar ou leerlinge werk daar. Sy dank dan die Here dat ons kinders werk het.
Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet, is die atletiekbyeenkoms in September.
Juf. Marie oefen by ‘n biokinetikus in haar vrye tyd, sy hou van lees, stap en natuurlik om tyd te spandeer met haar kleinkinders.
Sy beskryf haarself as ‘n toegewyde, selfstandige, verantwoordelike mens. Sy is doelgerig en baie presies, maar is lief vir mense.


