GRAAD 5B

JUFFROU ANSIE FAUL

Juf Ansie gee DT en Afrikaans vir graad 5- tot 7-leerlinge.

Sy rig  netbal en gewigstoot af.

Sy het senior primêre onderwys met wiskunde en aardrykskunde as hoofvakke in Potchefstroom, gestudeer.

 

Sy hou al vir 18 jaar skool waarvan 6 jaar  by Laerskool Walvisbaai is.

 

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet,  is as alles so vlot verloop en altyd in plek val.

 

Juf. Ansie lees graag en versorg haar gesin met liefde.

 

Sy beskryf haarself as vriendelik, lojaal, mededeelsaam en bereidwillig om die ekstra myl te loop.