Eendjie Klas

Juffrou Chriszelda Maritz

Antonia

In Wallies het die kleuters net een juffrou en daarom is juffrou Chriszelda  verantwoordelik vir alle onderrig.

Sy het Universiteit van Namibia gestudeer en gespesialiseer in grondslagfase, B.ed Honors in Pre- and lower primary education in English en Afrikaans.

Sy hou nou vir die eerste jaar skool by Laerskool Walvisbaai.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is wanneer sy kan sien hoe ‘n leerder se persoonlikheid meer en meer straal en die lag van ‘n leerder wat homself geniet.

 

Wat sy die meeste  by Laerskool Walvisbaai geniet,  is die positiwiteit en hardwerkendheid van al die personeel.  Mens voel altyd welkom en die skool se beeld staan wonderlik uit.

 

Juf. Chriszelda hou daarvan om rustig op die strand te ontspan, saam met vriende en by die huis te wees.
Sy beskryf haarself as hardwerkend, lojaal en het ‘n vrolike persoonlikheid. Sy sien altyd die goed in mense raak.