Graad 1A 

Juffrou Joh-Mari Le Roux

In graad 1 het die leerlinge net een juffrou en daarom moet juffrou Joh-Mari alle vakke vir haar graad aanbied.

 

Sy rig ook netbal af en is betrokke by redenaars.

 

Sy het deur Unisa gestudeer en gespesialiseer in grondslagfase, sielkunde en gemeenskaps-ontwikkeling.

Sy hou vir 9 jaar skool en is al 6 jaar by Laerskool Walvisbaai.

Haar hoogtepunt as onderwyser is die groei wat elke kind wys van dag een na die einde van die jaar.

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet,  is dat ons so bevoorreg is om met soveel hulp-middels voluit skool te kan gee.

Juf. Joh-Mari hou daarvan om tyd saam met haar pragtige seuntjie en wonderlike man te spandeer.

Sy beskryf haarself as ‘n geseënde kind van God wat bevoorreg is om elke dag met sy kosbaarste besittings te werk.