top of page


GRAAD 7 B
JUFFROU CLARISSA VAN WYK

Juf Clarissa gee Science vir graad 6- en 7- leerlinge.
Sy is betrokke by die skool se science fair en die jaarlikse skool raffle.
Sy het senior primêre onderwys met Wiskunde en Biologie as hoofvakke in Wellington in die Kaap gestudeer.
Sy hou al lewenslank skool waarvan 25 jaar by Laerskool Walvisbaai is.
Haar hoogtepunt as onderwyser is goeie Science Fair uitslae. (Nasionaal en internasionaal)
Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet, is om as span saam te werk en om te kan skoolhou vir opgevoede leerlinge en om positiewe terugvoer van ouers te kry.
Juf. Clarissa hou daarvan om te lees en besoek gereeld haar kinders in die Kaap.
Sy beskryf haarself as betroubaar, nederig, hardwerkend en stiptelik.




bottom of page