Contact Us

Paytoday.jpg

Address

Nangolo Mbumba Rylaan,  Walvisbaai - Namibia

Gerrit Loedolff

Adjunkhoof en Hoof van Sport

LWB SPORT

 

By Laerskool Walvisbaai glo ons dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en dat sport ‘n leerling help om ook op akademiese gebied te ontwikkel.  Sport afrigting wat op massadeelname en sportontwikkeling fokus, vind twee maal per week gedurende skoolure plaas.  Verder kry ligaspanne ook kans om na skool te oefen. Tans bied ons Atletiek, Hokkie, Krieket, Netbal en Rugby aan.

Atletiek – Daar vind jaarliks twee byeenkomste plaas.  Die Junior Primêre atletiek word vroeg in die jaar gehou en alle leerlinge vanaf onder 7 tot onder 10 neem aan die massabyeenkoms deel.  Tydens die geleentheid kry die Pre-Primêr ook kans om sommer vir die lekker te hardloop.  Die jaarlikse Interhuisatletiek word in September gehou.  Leerlinge kan tydens die byeenkoms kwalifiseer om aan die volgende jaar se Sone-atletiek deel te neem.  Hierdie atlete het dus genoeg tyd om behoorlik vir die byeenkoms voor te berei.  Die Sonespan asook die top Junior Primêratlete verteenwoordig die skool by die NAPSO Atletiekbyeenkoms wat ‘n paar weke na die Sone-byeenkoms plaasvind.

Hokkie – Hokkie-ontwikkeling word by Gr R in skooltyd gedoen.  Vanaf onder 8 tot onder 14 word daar aan twee Mini World Cup toernooie deelgeneem, in die 1ste termyn in Swakop en in die 3de termyn in Windhoek.  Daar word ook aan ‘n Tjokkertoernooi en ‘n Sportdag by LWB deelgeneem.  Die onder 12 en 14 spanne neem ook deel aan die Skoleliga tydens die 2de termyn.

Krieket – Krieketontwikkeling word vir Gr 1 tot 3 in skooltyd aangebied op Woensdae en Vrydae.  Die onder 11 en onder 13 spanne oefen op Maandae en Woensdae na skool.  Hulle neem aan die skoleliga asook die Krieketweek, tydens die Augustusvakansie, deel.

Netbal – Netbal-ontwikkeling word by Gr R in skooltyd gedoen.  Vanaf onder 7 tot onder 13 neem aan die skoleliga deel.  Daar word aan verskillende sportdae buite Walvisbaai deelgeneem.  Daar word ook aan ‘n Tjokkertoernooi en ‘n Sportdag by LWB deelgeneem.

Rugby – Rugby-ontwikkeling word by Gr R in skooltyd gedoen.  Daar word aan verskillende sportdae buite Walvisbaai deelgeneem.  Onder 11 en onder 13 neem aan die skoleliga deel.  Daar word ook aan ‘n Tjokkertoernooi en ‘n Sportdag by LWB deelgeneem.

NAPSO Wintersport – Aan die begin van die tweede termyn word daar met die A-spanne van Hokkie(onder 10, 12 en 14), Netbal(onder 9, 10, 11, 12, 13) en Rugby(onder 9, 11, 13), aan die toernooi deelgeneem.