Graad 1B - GRAADHOOF

Juffrou Judy LOEDOLFF

In graad 1 het die leerlinge net een juffrou en daarom moet juffrou Judy alle vakke vir haar graad aanbied.

 

Sy rig ook hokkie af.

 

Sy het in Stellenbosch, Suid – Afrika gestudeer en gespesialiseer in  junior en senior primêre onderrig en wiskunde, opvoedkundige sielkunde en RO.

Sy hou vir 26 jaar skool en is al 19 jaar by Laerskool Walvisbaai.

Haar hoogtepunt as onderwyser is elke keer as daar ‘n begrip vasgelê word by ‘n kind en sy kan sien hy/sy verstaan.

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet,  is wanneer groei plaasvind in kinders en kollegas.

Juf. Judy is lief vir stap, lees en om tyd saam met familie en vriende te spandeer.

Sy beskryf haarself as lojaal, hardwerkend en eerlik. Sy het ‘n deernis vir mense en veral vir kinders.