GRAAD 4 B

JUFFROU SONJA ENGELBRECHT

Juf Sonja gee Engels en kuns vir graad 4- en 5-leerlinge.

Sy rig ook netbal af.

 

Sy is ook betrokke by die skool se Kids-4-Christ en kultuur.

 

Sy het in Stellenbosch gestudeer in vroeë kinderontwikkeling en later in senior primêre onderwys en sielkunde deur Unisa.

 

Buiten onderwys is sy ook ‘n gimnastiekbeoordelaar en doen spelterapie.

 

Sy hou al vir 7  jaar  skool by Laerskool Walvisbaai .

 

Haar hoogtepunt as haar harde werk deur goeie prestasies van haar leerlinge beloon word of as funksies soos Mnr. en Mej. LWB of die atletiek ‘n sukses is a.g.v. harde werk.

 

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet,   is die atmosfeer van “familie” onder die personeel. Daar word na leerlinge en onderwysers se belange omgesien.

 

Juf. Sonja hou daarvan om kwaliteittyd te spandeer saam met haar familie en haar gesin is vir haar kosbaar. Sy spandeer baie tyd saam met haar pragtige dogtertjies.

 

Sy beskryf haarself as iemand wat elke dag werk daaraan om ‘n beter juffrou,  vrou, mamma en christen te wees. Sy daag haarself gereeld uit en glo almal kan elke dag iets nuut leer.