GRAAD 1C

JUFFROU LANDI MOOLMAN

In graad 1 het die leerlinge net een juffrou en daarom moet juffrou Landi alle vakke vir haar graad aanbied.

Sy rig ook hokkie af.

Sy het in Potchefstroom, Suid – Afrika gestudeer en gespesialiseer junior primêre onderrig en leerderondersteuning.

Sy hou vir 4 jaar skool by Laerskool Walvisbaai.

Haar hoogtepunt as onderwyser is al die oulike sêgoed van die kinders. ‘n Oulike voorbeeld was toe sy vra wat kommunikasie is en sy antwoorde kry soos: ‘n tipe kaas / ‘n veeboer / iemand wat skoonvee

Wat sy die meeste geniet by Laerskool Walvisbaai geniet,  is om klas te gee in haar nuwe klas in die nuwe gebou.

Juf. Landi hou daarvan om tyd saam met haar man, familie en vriende deur te bring.

Sy beskryf haarself as hardwerkend en altyd bereid om te help waar sy kan.