

GRAAD 5A
JUFFROU SUNELLE MOLLER

Juf Sunelle gee Wiskunde vir graad 5- leerlinge.
Sy rig netbal, tennis en atletiek af.
Sy is ook betrokke by die skool se kultuur en klank vir alle funksies in ons saal.
Sy het in Wellington, Suid – Afrika gestudeer vir senior primêre onderrig met wiskunde, rekeningkunde en geografie.
Buiten onderwys het sy ook menslike hulpbronbestuur gedoen.
Sy hou al vir 5 jaar skool waarvan al 5 jaar by Laerskool Walvisbaai is.
Haar hoogtepunt as onderwyser is die jaarlikse atletiekbyeenkoms. Dit is elke jaar ‘n sukses met baie gees en pret.
Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet, is die gees onder die onderwysers, die spanwerk en saamwerk. Saam maak ons ‘n goeie span.
Juf. Sunelle hou daarvan om kwaliteittyd te spandeer saam met haar familie en vriende. Sy geniet dit om by F45 te oefen.
Sy beskryf haarself as ‘n spontane, vriendelike mens met ‘n goeie sin vir humor.

