GRAAD 2B - GRAADHOOF

JUFFROU ANNELINE ROSSOUW

In graad 2 het die leerlinge net een juffrou en daarom moet juffrou Anneline alle vakke vir haar graad aanbied.

 

Sy rig ook hokkie af.

 

Sy het in Stellenbosch gestudeer en gespesialiseer in Afrikaans, Engels en sielkunde.

Sy hou vir 23 jaar skool en is al 8 jaar by Laerskool Walvisbaai.

Haar hoogtepunt as onderwyser is om elke jaar te sien hoe die kinders akademies, sosiaal en emosioneel ontwikkel en in haar hart kruip.

Wat sy die meeste  by Laerskool Walvisbaai geniet, is die mense saam met wie sy werk en klasgee vir die kleintjies.

Juf. Anneline hou daarvan om te lees en te kuier saam met familie en vriende. Sy hou van vakansie hou saam met haar familie.

Sy beskryf haarself as taakgerig en streng, maar ook empaties en liefdevol.