GRAAD 2C

JUFFROU JACKY LOUW

In graad 2 het die leerlinge net een juffrou en daarom moet juffrou Jacky alle vakke vir haar graad aanbied.

 

Sy rig ook skaak af.

 

Sy het in Windhoek  gestudeer en gespesialiseer Junior Primêr.

Sy hou vir 34 jaar skool en is al 16 jaar by Laerskool Walvisbaai.

Haar hoogtepunt as onderwyser was toe ‘n junior koor destyds beoordeel deur Dirkie de Villiers 3 goue medaljes verower het by ‘n Kunstefees en hulle ‘n CD kon vrystel.

Wat sy die meeste geniet by Laerskool Walvisbaai is die samesyn met kollegas wat almal die kind se belange op die hart dra.

Juf. Jacky hou daarvan om te kuier saam met vriende,te lees en uit te eet. Sy vroetel gereeld rond op haar laptop vir enigiets kreatiefs.

Sy beskryf haarself as lojaal en help graag waar sy kan. Sy gee baie om vir kinders.