GRAAD 6A

JUFFROU MONIQUE PETERSON

Juf Monique gee Engels vir graad 5- en 6-leerlinge.

Sy rig netbal af.

 

Sy het  junior primêre onderwys by IOL gestudeer.

 

Sy hou al vir 9  jaar skool waarvan 4  jaar  by Laerskool Walvisbaai is.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is wanneer oudleerlinge terug kom na haar  en haar bedank vir die rol wat sy in hul lewe gespeel het.

 

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet, is die feit dat dit so georganiseerd is en  alles loop glad soos ‘n ge-oliede masjien verloop.

Juf. Monique hou daarvan om te bak en brou en geniet dit om te onthaal.

 

Sy beskryf haarself as pligsgetrou, hardwerkend, passievol en betroubaar en integriteit is vir haar baie belangrik.