GRAAD 6B

JUFFROU ANNABIE LOUW

Juf Annabie gee Design and Technology  en SOS vir graad 6- en 7-leerlinge.

Sy rig netbal en hoogspring af.

 

Sy is ook betrokke by die skool se Mnr en Mej LWB-funksie.

 

Sy het senior primêre onderwys  met Biologie en Afrikaans as hoofvakke in Wellington in die Kaap  gestudeer.

 

Sy hou al vir 8  jaar skool waarvan hierdie  jaar haar eerste jaar by Laerskool Walvisbaai is.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is toe Juf Carina haar genader het vir ‘n pos by Laerskool Walvisbaai.

 

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet, is die hulpvaardigheid en vriendelikheid van almal.

 

Juf. Annabie hou daarvan om Netflix te kyk en “Candy Crush” te speel.

Sy beskryf haarself as entoesiasties en  vriendelik.