GRAAD 6C

JUFFROU ANCHEN CLARK

Juf Anchen gee Afrikaans en SOS vir graad 4- en 6-leerlinge.

 

Sy rig netbal af en is ook betrokke by die skool se redenaars.

 

Sy het senior primêre onderwys  met Engels en bedryfsekonomie as hoofvakke in Windhoek gestudeer.

 

Sy hou al vir 4  jaar skool waarvan 2  jaar  by Laerskool Walvisbaai is.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is om die uniekheid van elke kind te ontdek.

 

Wat sy die meeste by Laerskool Walvisbaai geniet,  is die feit dat dit so georganiseerd is, en dat ons ‘n doel het waarvoor ons werk.

 

Juf. Anchen hou daarvan om kwalitiettyd saam met haar gesin te spandeer .

 

Sy beskryf haarself as lojaal en iemand wat omgee vir ander.  Sy het ‘n sin vir humor.