top of page

WALLIES PREPRIMÊR

Wallies Logo.png

By Wallies Preprimêr is al die juffies opgelei, is baie lief vir kinders, het kreatiewe siele,en het 'n passie om elke dag vir ons kleuters dit opwindend te maak, sodat ons kleuters  speel-speel kan groei en leer sonder dat hulle besef hulle leer.

Ons LEER dus deur te speel.
Ons help die kleuters deur spel en opwindende aktiwiteite om fisies, emosioneel, sosiaal en kognitief te ontwikkel.
Ons fokus baie op ervaringsleer deur uitstappies, ons Mini "Masterchef" klassies en deur visueel ons temas, Bybel en syfervaardigheid aan te bied. Ons het musiekklassies, Actikids, skeppendeklassies en dansklassies.
Ons groot buitespeelterrein is n groot voordeel vir grootmotoriese ontwikkeling. Elke klas het 'n Juffrou en liefdevolle assistent wat hulp verleen waar nodig. Ons het Arbeisterapeute op die terrein wat ons ook bystaan met hulp.
Ons almal saam met ons ouers is een groot familie wat hande vat vir ons kleuters.

Hoekom Wallies?
Groot klasse
Groot speelterrein
Opgeleide professionele Juffies

Christa Fokkens, departementshoof van die Pre-Primêr, het haar Hoër Onderwys Diploma aan W.O.K (Windhoek Onderwys Kollege) verkry en het 18jaar Pre-primêre ondervinding.

Sy is baie lief vir die kinders en sê elke einde van die jaar is dit vir haar moeilik om die kinders te laat gaan. Vir haar is die lekkerste deel die skeppende tyd en kinderkuns is haar gunstelingskoolaktiwiteit.

Christa Fokkens PPB HOD.jpg

Wallies Preprimêr Span

Christa Fokkens PPB HOD.jpg

Christa Fokkens

Departementshoof

Skapie Klas

Graad RR

4-5jaar

Ashley Jones

Tech Lead

PPC Cisca Pieterse.jpg

Cisca Pieterse

Pikkewynklas

Graad RRR

3-4jaar

Ashley Jones

Tech Lead

PP A Sumari Jones.jpg

Sumari Jones

Vissieklas

Graad RR

4-5jaar

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Zubaidah Moller.jpg

Zubaidah Moller

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Fransiska Kharuxas.jpg

Fransiska Kharuxas

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Beverly Araes.jpg

Beverly Araes

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Yoliswa Bosman.jpg

Yoliswa Bosman

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

JUNIOR PRIMÊR

By Laerskool Walvisbaai word graad R tot 3 deur gekwalifiseerde, toegewyde en entoesiastiese onderwysers in Afrikaans en Engels aangebied.

Met klein klasse word daar gefokus op individuele aandag aan
elke leerling. Ons volg die Namibiese leerplan, maar doen ook aanvullende werk waar nodig. Laerskool Walvisbaai se Junior Primêre afdeling is daarom bekend daarvoor dat ons leerlinge uitstekende wiskunde-, lees- en
skryfvaardighede het.

 

Ons stel ook elke leerling se sosiale en emosionele welstand hoog op prys.
Ons lê daagliks klem op die karaktereienskappe van omgee, respek, betroubaarheid, burgerskap, integriteit en verantwoordelikheid om te verseker dat ons afgeronde, verantwoordelike leerlinge Senior Primêr toe stuur.

 

Dit is belangrik dat ons elke kind in totaliteit ontwikkel en ons bied daarom verskeie buitemuurse aktiwiteite aan. Op sportgebied kan hul aan hokkie, netbal, rugby, krieket, mini-tennis en atletiek deelneem. Leerlinge kan ook
aan skaak, redenaarskompetisies en kunswedstryde deelneem. In ons toegeruste biblioteek word hul aangemoedig om gereeld te lees en die wonderwêreld van boeke te ontdek. Dit is vir ons ‘n prioriteit dat elke leerling geborge en gelukkig by die skool voel. 
Die onderwysers is daarom daagliks ingestel op elke leerling se emosionele welstand. Ons poog om lesse so aan te bied, dat leer vir hul lekker is. In die klasse heers daar ‘n vriendelike, verwelkomende
atmosfeer. 
Elke graad gaan ten minste een keer per semester op ‘n opvoedkundige of pretuitstappie om hul horisonne te verbreed.

Desireé Nell, departementshoof van die Junior Primêr, het in Windhoek studeer en gespesialiseer in junior primêre onderrig. Sy hou 35 jaar skool waarvan 22 jaar by Laerskool Walvisbaai. Dit bly haar hoogtepunt om haar kinders te volg en te sien hoe hulle na skool presteer en wat van elkeen word. Sy hou van stap, oefen, fietsry en hou van goeie koffie drink!

2A Des Nel, HOD.jpg

Junior Primêr Span

RC Louise Otto.jpg

Louise Otto

Graad R

Ashley Jones

Tech Lead

RB Dalinca Krohne.jpg

Dalinca Köhne

Graad R

Ashley Jones

Tech Lead

R A Adeline Jacobs.jpg

 Adeline Jacobs

Graad R

Ashley Jones

Tech Lead

IMG_6767.JPG

Emsie Esterhuizen

Graad R

Ashley Jones

Tech Lead

Antonia Otta - Assistent.jpg

Antonia Otta

Graad R

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Rosalia Endjere.jpg

Rosalia Endjere

Graad R

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

Assistant - Susanna Matsuis.jpg

Susanna Matsuis

Graad R

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

1A Joh-marie.jpg

Joh-Mari Le Roux

Graad 1A

Ashley Jones

Tech Lead

1C Janita Van Heerden.jpg

 Janita Van Heerden

Graad 1C

Ashley Jones

Tech Lead

1B Judy Loedolff.jpg

Judy Loedolff

Graad 1B

Ashley Jones

Tech Lead

1D Geraldine Bok.jpg

 Geraldine Bok

Graad 1D

Ashley Jones

Tech Lead

2A Des Nel, HOD.jpg

Desireé Nell

Departementshoof

Graad 2A

Ashley Jones

Tech Lead

2B Anneline Rossouw.jpg

Anneline Rossouw

Graad 2B

Ashley Jones

Tech Lead

2D Monique Peterson.jpg

Monique Peterson

Graad 2D

Ashley Jones

Tech Lead

2A Assistent - Shiveen Weber.jpg

Shiveen Weber

Graad 2A

Onderwysassistent

Ashley Jones

Tech Lead

2E Malinka Malan.jpg

Malinka Malan

Graad 2C

Ashley Jones

Tech Lead

3A Sonia Van Zyl.jpg

Sonia Van Zyl

Graad 3A

Ashley Jones

Tech Lead

3C - Samantha Claasen.jpg

Samantha Claasen

Graad 3C

Ashley Jones

Tech Lead

3B Landi Moolman.jpg

Landi Moolman

Graad 3B

Ashley Jones

Tech Lead

3D - Sune Van Vuuren.jpg

Suné Van Vuuren

Graad 3D

Ashley Jones

Tech Lead

SENIOR PRIMÊR

By Laerskool Walvisbaai word graad 4 tot 7 onderrig deur gekwalifiseerde, toegewyde en entoesiastiese onderwysers. Die
onderrigmedium is Engels en ons volg die Namibiese kurrikulum.

Ons bied die volgende vakke aan:
Afrikaans Eerste Taal:
Leerders neem jaarliks ​​deel aan die ATKV-redenaarskompetisie, die Griffel-kompetisie en verskeie ander
taalkompetisies.

Engels as tweede taal:
Leerders neem deel aan verskeie aktiwiteiten soos die spelkompetisie.
Wiskunde:
Ekstra werk word by die kurrikulum gevoeg om leerders se vermoë te verbeter om 'n dieper begrip van die vak te ontwikkel.
Wiskundige speletjies maak dit lekker om nuwe konsepte te leer en konsepte te versterk.
Natuurwetenskap:
In graad 4 en 5 neem die leerders deel aan die "Science Fair" waar hulle 'n studie van onderwerpe doen wat gegee word. Die top tien projekte in elke graad gaan deur na die streekskompetisie en daar word die beste projekte gekies om aan die Nasionale kompetisie deel te neem.
Sosiale studies:
Hierdie vak leer die leerders oor die geskiedenis van ons land, buurlande sowel as die wêreld.Hierby ingesluit is aardrykskunde. Die leerders doen baie praktiese aktiwiteite en ander projekte.
Huishoudkunde:
Hierdie vak leer leerders om entrepreneurs  te word deur hulle met praktiese vaardighede toe te rus soos handwerk items wat hulle kan verkoop. Dit leer hulle hoe om 'n gesonde leefstyl te handhaaf, asook om huishoudelike hulpbronne te bestuur.
Ontwerp en tegnologie:
Hierdie vak leer leerders om
entrepreneurs  te word deur hulle met praktiese vaardighede toe te rus soos handwerk items wat hulle kan verkoop. Veiligheidsvaardighede en die korrekte gebruik van gereedskap is ook 'n baie belangrike onderwerp wat hier geleer word.

Kultuur:
Ons moedig leerders aan om aan verskeie kulturele aktiwiteite deel te neem soos kuns, verskillende soorte dans en poësie om net 'n paar te noem.

Ons heg waarde aan elke leerling se sosiale en emosionele welstand. Ons beklemtoon daagliks die karaktertrekke
van omgee, respek, betroubaarheid, burgerskap, integriteit en verantwoordelikheid om te verseker dat ons sterk individue met goeie karakters grootmaak
.

Dit is vir ons 'n prioriteit dat elke leerling veilig en gelukkig voel by die skool. 'n Goed gekwalifiseerde skoolberader werk nou saam
met die onderwysers om te fokus op elke leerling se emosionele welstand. Saam met die arbeidsterapeute help ons leerders ook met opvoedkundige uitdagings.

Elke graad gaan een of twee keer per jaar op 'n opvoedkundige uitstappie om hul horisonne te verbreed.

Shirley Visage, departementshoof van die Senior Primêr het haar B.ED by UNAM gedoen en het in 2000 haar graad ontvang. Haar hoofvakke is Engels en Afrikaans. Sy het 12 jaar Engels gegee by LWB, maar is nou weer terug by haar moedertaal. Shirley sê dit is vir haar lekker om te sien hoe die kinders groei en verbeter. Vir haar is die lekkerste om te sien hoe 'n kind wat glad nie Afrikaans kon praat nie, aan die einde van die jaar 'n goeie punt behaal. Haar groot liefde is om Afrikaans te gee, want sy kan die kinders lief maak vir lees en om die taal hulle eie te maak. Sy voel veral met vandag se kinders dat 'n groot deel van die taal verlore gaan, spesifiek die vaste uitdrukkings en idiome.

Senior Primêre Span

Shirley Visagie SP HOD.jpg
4A Amelia Fischer.jpg

Amelia Fischer

Graad 4A

Ashley Jones

Tech Lead

7A Willeen Van der Westhuizen.jpg

Willeen Van der Westhuizen

Graad 4C

Ashley Jones

Tech Lead

4B - Lizette Lucas.jpg

Lizette Lucas

Graad 4B

Ashley Jones

Tech Lead

5A Tannawilla Arnolds.jpg

Tannawilla Arnolds

Graad 5A

Ashley Jones

Tech Lead

5C Jessica Isaacks.jpg

Jessica Isaacks

Graad 5C

Ashley Jones

Tech Lead

4C Marnel Grobbelaar.jpg

Marnel Grobbelaar

Graad 5B

Ashley Jones

Tech Lead

5B Ansie Faul.jpg

Ansie Faul

Graad 6A

Ashley Jones

Tech Lead

6A Sunelle Venter.jpg

Sunelle Venter

Graad 6C

Ashley Jones

Tech Lead

6B - Atanasius Kangala.jpg

Atanasius Kangala

Graad 6B

Ashley Jones

Tech Lead

4B Erne Klazen.jpg

Erné Klazen

Graad 7A

Ashley Jones

Tech Lead

7C Christelle Beukes.jpg

Christelle Beukes

Graad 7C

Ashley Jones

Tech Lead

7B Annabie Taljaard.jpg

Annabie Taljaard

Graad 7B

Ashley Jones

Tech Lead

NASORG SENTRUM

Al ons leerlinge is welkom by LWB se nasorg sentrum. Ons akkommodeer klein groepe gr1-7 leerders.

 

Die doel van die nasorgsentrum is om ‘n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlik toesig tuis kan bied nie en dus verkies dat hulle kinders na skoolure leer- en huiswerkhulp moet ontvang deur professionele personeel.

 

Ons is meer as net ‘n nasorgsentrum, ons is ‘n groot familie wat omgee vir mekaar. Ons is op die skoolperseel geleë wat leerders die geleentheid gee om buitemuurse aktiwiteite & sport by te woon wat by ons skool aangebied word, huiswerk te doen, aan projekte te werk en sosiaal met maats te verkeer.

 

Die huiswerksentrum stel hom ten doel om ‘n diens te lewer. Ons bied ‘n veilige en ontspanne omgewing vir ons leerders met voldoende toesig en bystand met huiswerk. By LWB Nasorg sentrum is die kinders vir ons belangrik, hulle moet kind wees en leer. Ons is gesteld op Christelike waardes, dissipline en respek.

Algemene vrae en antwoorde:

Hoe word huiswerk hanteer?

Huiswerk-dagboeke word daagliks nagegaan en geteken, daar word ook bystand gelewer met eksamens.

Is julle skoolvakansies oop?

Ons beoog om van 2023 die Jun/Jul lang vakansie ouers en kinders te akkommodeer.

Wat is julle ure?

Maandae – Donderdae 12:00 – 14:00 Wagklas (Speelgrond vryspel onder toesig)

Maandae – Donderdae 14:00 – 16:30 (Studie/ Huiswerkklas)

Maandae – Donderdae 16:30 – 17:15 (Speelgrond vryspel onder toesig)

Ouers kry leerlinge by parkeerarea by netbal bane voor 17:15

Vrydae slegs Wagklas vir Gr R-3 12h00 – 13h00

Barbara Van Zyl, nasorgfasiliteerder, het 10 jaar haar eie dagsorg bedryf en sy het al 15 jaar ondervinding in onderwys. Haar hart en liefde is kinders en om hulle te sien groei om die beste weergawe van hulself te word. Sy noem haar leerlinge haar "kinders" omdat hulle tydens die jaar so deel van haar hart word.

Barbarra Van Zyl.jpeg
Laerskool Logo.png
bottom of page