GRAAD RC

JUFFROU LOUISE OTTO

In Graad R het die leerlinge net een juffrou en daarom is juffrou Louise verantwoordelik vir alle onderrig.

Sy help met die netbal van gr. R.

Sy het in Potchefstroom, Suid – Afrika gestudeer en gespesialiseer vroeë kinderontwikkeling en Gr R.

Sy het ook ‘n kursus in Toerisme gedoen.

 

Sy hou vir 4 jaar skool waarvan 4 maande by Laerskool Walvisbaai is.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is wanneer sy raaksien dat sy ‘n verskil in ‘n kind of persoon se lewe maak of gemaak het..

 

Wat sy die by Laerskool Walvisbaai geniet,  is al haar kollegas wat so vriendelik en hulpvaardig is.  Dit het haar vreeslik welkom laat voel.

 

Juf. Louise hou daarvan om te stap, nuwe plekke te besoek en uit te eet.

 

Sy beskryf haarself as “What you see is what you get”.