top of page

KULTUUR

IMG-20180413-WA0003.jpg

Theo Cooksen

Koorleier

Kultuur speel 'n belangrike rol by  enige skool. Deur skoolkultuur te ontwikkel, verbeter dit leerlinge se selfbeeld en bevorder dit sukses.  Kultuur definieer karakter en stel bepaalde standaarde en skep so verwagtinge vir  aanvaarbare gedrag.

Hierdie jaar is ons eie koor onder leiding van die befaamde Theo Cookson, koorleier van die Mascato jeugkoor,  gestig.  Die koor bestaan uit bykans 50 entoesiastiese koorlede met ‘n gedeelde liefde vir musiek, sang en harmonie.

 

Een van die hoogtepunte op ons kultuurkalender is die jaarlikse Mnr. en Mej. Laerskool Walvisbaai.  Hier word die klem nie net  op skoonheid en mooi rokke gele nie, maar word daar van  deelnemers verwag om hul eie uitrustings van rommel te skep.  So is daar ‘n klemverskuiwing van materialisme na kreatiwiteit,  Dit  bevorder in die proses ook die bewustheid van herwinning.

 

Met die groei in ons kultuuraktiwiteite is dit hierdie jaar vir ons moontlik om aan die NAPSO-kultuurfees deel te neem.  Daar word leerlinge vir elke kategorie en genre ingeskryf,  Dit bied vir die groot verskeidenheid  talentvolle leerlinge van ons skool ‘n platform om op te tree en dit is die ideale geleentheid om erkenning daarvoor te kry.

Immanuel Skaak

Immanuel

Skaak Afrigter

Laerskool Logo.png
bottom of page