top of page
Willeen van der Westhuizen.jpg

GRAAD 7A

JUFFROU WILLEEN VAN DE WESTHUIZEN

Juf Willeen gee Home Ecology en kuns vir graad 5- tot 7-leerlinge.

Sy rig  tjokkernetbal af.

 

Sy is ook betrokke by Mnr en Mej. LWB, skooltuine en versier van voorportaal, alle dekor asook  verantwoordelik vir die konsertstoor. Sy help ook met alle gr. 7-uitstappies.

 

Sy het in Wellington, Suid – Afrika gestudeer vir junior primêre onderwys en spesiale onderwys en syferkunde.

 

Sy hou al vir 12 jaar skool waarvan 11 jaar  by Laerskool Walvisbaai is.

 

Haar hoogtepunt as onderwyser is om vir ‘n kind iets nuuts aan te leer wat hy/sy nog nooit kon doen nie.

Wat sy die meeste  by Laerskool Walvisbaai geniet,  is as dinge gebeur en ons toekomsdrome bewaarheid word.

 

Juf. Willeen werk in haar tuin in haar vrye tyd, doen naaldwerk, kuns en teken kinderboekprentjies.

Sy beskryf haarself as iemand met ‘n passie vir onderwys!

WILLEEN KLAS.jpg
Laerskool Logo.png
bottom of page