top of page
Gerrit Loedolff.jpg

GRAAD 4 WISKUNDE

MNR GERRIT LOEDOLFF

ADJUNKHOOF

g5.jpg

As Adjunkhoof is hy in beheer van die dissipline van die skool en is ook die hoof van die sport. Hy is ook een van die Prefekvoogde.

Hy het aanvanklink B.SC. Bosbou op Stellenbosch studeer en daarna by die Windhoek Onderwyskollege waar hy in Wiskunde en Wetenskap vir senior primer en junior sekonder gespesialiseer het.

 

Hy is tans in sy 24ste jaar van skoolhou waarvan die laaste 4 jaar by Laerskool Walvisbaai is.  Alhoewel hy hier al Wetenskap vir graad 4, Sosiale Studies vir graad 6 en Rekenaargeletterdheid vir graad 1 tot 7 aangebied het, bied hy tans Wiskunde vir die graad 4 leerlinge aan.

 

Op Sportgebied rig hy die onder 14 hokkie seuns af en tree ook as skeidsregter by die laer- en hoerskool ligawedstryde op. Hy rig ook atletiek af.

 

Wat hy die meeste geniet by Laerskool Walvisbaai, is die goeie spanwerk, uitstekende fasiliteite en betrokke ouers.

 

Elke sukses wat ‘n kind behaal is vir hom ‘n hoogtepunt maar ‘n spesiale een is wanneer ‘n oudleerling kom dankie se vir die rol wat hy in die betrokke kind se lewe gespeel het.

 

Hy beskou homself as ‘n goeie luisteraar met onderskeidingsvermoe wat omgee vir sy medemens. Hy is iemand wat op sy voete kan dink en vinnig ‘n plan kan maak.

 

In sy vrye tyd hou hy van lees, stap en visvang. 

g1.jpg
g2.jpg
Laerskool Logo.png
bottom of page